|
|
|
|
Dedicated to the Preservation of History |
|
Burgers Ward II Piet Retief District
|
Labuschagne Pictures Foto bygedra deur Rentia Landman. Die volgende agtergrond word deur Rentia verskaf: "...Agter op die foto staan: "Aan Mij Eggenoot J.H. Labuschagne Camp site Mijn hartje het gaan nog met ons allen goed" Dit kom van sy eggenoot Johanna Magdalena nooi JACOBS weduwee GELDENHUYS (1855/6 † 02-04-1912 Kaalfontein, distrik Potchefstroom) (TAB MHG 20031). Sy is die tweede vrou van Jan Hendrik LABUSCHAGNE (04-1842 Natal † 26-10-1932 Witpoort Ventersdorp)(TAB MHG 79885). Sy eerste vrou was Anna Magrieta BUITENDAG († 09-04-1894). Die tweede vrou het nie kinders by hom nie. Vermoedelik is die kinders op die foto kleinkinders. Kinders van Jan LABUSCHAGNE en Anna BUITENDACH is: 1. Pieter Willem tr Susara Johanna . .. Hy boer op Kaalfontein 696 Krygsgevange geneem op 27 Feb 1900 by Paardeberg saam met Cronje. 2. Frederick Jacobus van Kaalfontein 696 stel ‘n oorlogseis in maar verskyn teen 1912 nie op sy stiefma se boedel nie 3
Petrus Johannes LABUSCAHGNE 4 Jan Hendrik LABUSCAHGNE (1876 † )Op Kaalfontein 696, Dovedale Dist Potchefstroom geboer. Hy met met die oorlog by sy ouers gewoon volgens sy oorlogseis (TAB CJC 1545). Al sy besittings op 13 Augustus 1900 verloor. Sy stiefma Johanna Magdalena getuig vir hom dat sy die plundering gesien het. 5 Gert Pieter Johannes LABUSCAHGNE († teen 1932) 6. Gerhardus Petrus LABUSCAHGNE (23-01-1880 † 21-05-1941) 7 Hendrina LABUSCAHGNE (1889 † Potchefstroom ) tr HEYNECKE 8 Frans Jacob LABUSCAHGNE. Op Kaalfontein 696 gewoon. Sy stiefma Johanna Magdalena getuig van sy skade van £70. 9 Aletta Wilhelmina LABUSCAHGNE (reeds oorlede teen 1932 verskyn nie in boedel van haar pa nie) tr Fred WC BUITENDACH 10
Mathys Jacobs LABUSCAHGNE († reeds oorlede in 1912 (sy seun erf
oupa se spider in 1932)tr Anna Maria. Hy het op Kaalfontein geboer. Die
Britse troepe olv genl Douglas het sy eiendom op 12 Augustus verwoes. Hy was
‘n krysgevangene. Hulle stiefma Johanna Magdalena LABUSCHAGNE en drie Labuschagne kinders is op 20 Oktober 1901 in die konsentrasiekamp aangeteken as: Johanna
Magdalena Labuschagne eggenoot “Joh Hendrick” op Bermuda. Daar is nog 'n Labuschagne familie van Kaalfontein in die Howick kamp aangeteken wat reeds vanaf 20 Januarie 1901 in die kamp is. Hulle is ingeskryf as: Carolina
Hendrika Labuschagne 42 jaar oud tr met Fredrick Jacobus Labuschagne van die
plaas Kaalfontein Potchefstroom. Hy was 'n krygsgevangene op
Simonstad. Hulle verlaat almal op dieselfde dag die kamp op 19 September 1902 terug na Potchefstroom. Dit is 'n waardevolle foto as mens die kinders sou kon identifiseer. Ek vermoed die volwasse vrou wat langs haar sit is haar eie dogter Maria Magdalena DU TOIT (nooi Geldenhuys) (31-06-1877 † 22-02-1958 Wespark) tr Francois Jacobus DU TOIT (1872 † 30-09-1898 Elandskuil, wyk Schoonspruit Potchefstroom (TAB MHG 0/15497) en dié se dogtertjie Johanna Magdalena DU TOIT (13-05-1896). Op die foto lyk ook soos 'n kind van vier jaar. Voortrekker Veldkornet Casper Jeremias Labuschagne b2c5d6 (as jong man) en sy vrou Susanna Adriana Jordaan. Hy was volgens Prof FJ Labuschagne in sy boek, "Die Labuschagnes... Waarvandaan en waar het hulle meetsnoere geval?" 'n veldkornet tydens die slag van Bloedrivier, waar hy ook lig gewond is. Hy het het as velkornet van die Weenen distrik gedien. 'n Foto van hom wat geneem was toe hy hy heelwat ouer was, kan gevind word in bogenoemde boek. Foto bygedra deur Prof. Casper Jeremias Labuschagne van Nederland. Webtuiste: http://home.hetnet.nl/~bart_labuschagne/ |
|
Contact: mellivora@hotmail.com Data on this site is managed using Legacy genealogical software. Legacy 5.0 is a full-featured professional genealogy program that helps you track, organize, print, and share your family history. Includes source documentation, dozens of beautiful reports, expert merging capabilities, To Do list, pictures, videos, Web page creation, spell checking, Internet searching, relationship calculation, name tag printing and more. The program imports and exports standard GEDCOM files as well as directly reads PAF files.
|