|
|
|
|
Dedicated to the Preservation of History |
|
Burgers Ward II Piet Retief District
|
Plaas Bosbank Ingangshek Van Bosbank se huis is niks oor nie behalwe die kaal fondasies. Die huis is in 'n wilde plantasie toegegroei. Die skeerskuur waar hierdie wolpionier derduisende skape geskeer en wol geklas het, staan nog. 'n Netjiese klipkraal op die werf wat moontlik nog deur Izak Hermanus Labuschagne en sy twee seuns gepak kon gewees het. Naby die kraal staan 'n klein murasie. Kon dit dalk Bosbank se opstal gewees het wat in die Boereoorlog vernietig is, of was dit slegs 'n stoor of 'n bywonershuisie? Bosbank se skuur staan nog intak.
Die familiebegraafplaas is toegegroei onder 'n opslag-plantasie en die heining verwoes. Die eensame graf van IH Labuschagne. Die graf van sy eggenote, Susara Maria Regina Catharina Beytel is deur 'n omgevalle boom beskadig. Die graf van sy tweede vrou, Susanna Elizabetha Johanna Joubert (gebore Rudolph--sy was die weduwee van kommandant Rooi Jozua Joubert), is nog in betreklike billike toestand.
|
|
Contact: mellivora@hotmail.com Data on this site is managed using Legacy genealogical software. Legacy 5.0 is a full-featured professional genealogy program that helps you track, organize, print, and share your family history. Includes source documentation, dozens of beautiful reports, expert merging capabilities, To Do list, pictures, videos, Web page creation, spell checking, Internet searching, relationship calculation, name tag printing and more. The program imports and exports standard GEDCOM files as well as directly reads PAF files.
|