|
|
|
|
Dedicated to the Preservation of History |
|
Burgers Ward II Piet Retief District
|
Plaas Wydgelegen Die laning eike- en sipresbome na die huis lyk nog baie soos 25 jaar gelede. Die eens statige moderne-style woonhuis is nou vervalle sodat dit soos 'n oorlogsone lyk. Verbasend genoeg is die dakplate nog almal op, en nie te veel van die vensters is gebreek nie. Die kombuis is gestroop van al sy inhoud--selfs die teëls is van die muure af verwyder. In die eetkamer, waar menigte gesellige familiemaal geniet is, is die plankvloer oopgebreek in 'n futiele soektog na verborge skatte. 'n Eieeboom, in twee gesplits deur wind of weerlig, het op die huis se dak geval. Die 'n gedeelte van die uitgebreide stel skuure. Rondom hierdie skuure is 'n netjiese wetenskaplik-ontwerpte stel krale geposisioneer om die troppe van duisende skape wat hier geskeer is, met minimum arbeid te kan hanteer. Hierdie betrokke skuur was as skeerskuur gebruik, en skoongeskeerde skape het dikwels in die klein kampies langsaan gestaan en hyg-elk met 'n nommer op die skoon wit onder-wol geverf. |
|
Contact: mellivora@hotmail.com Data on this site is managed using Legacy genealogical software. Legacy 5.0 is a full-featured professional genealogy program that helps you track, organize, print, and share your family history. Includes source documentation, dozens of beautiful reports, expert merging capabilities, To Do list, pictures, videos, Web page creation, spell checking, Internet searching, relationship calculation, name tag printing and more. The program imports and exports standard GEDCOM files as well as directly reads PAF files.
|