|
|
|
|
Dedicated to the Preservation of History |
|
Burgers Ward II Piet Retief District
|
Labuschagne References From Various Published Sources Please
let me know if any of the people
mentioned here can be identified. It is important that we try to establish who
they were if we want to add more meaning and value to recorded history. 20 Januarie. Byna
die hele nag gereën, maar die son het skoon opgekom. Geen slaap gehad. Ons is
'n uur van komdt. Schoeman se kamp. Mnr. Schild gaan voort met die skotskar,
en ek draai weg na die plaas van mnr. Moolman om met mnr. S. Louw te praat; ek
wil vir 'n tyd by hom aansluit. Het alles gereed om by hom te kom ná ek
afgehandel sou wees met dr. Neethling se tog na Pelgrimsrus. Komdt. Schoeman
is uit met sy wagte om Lydenburg te inspekteer.
Mev. S. is siek in die bed. Ek
kry toe van mev. Moolman 'n brood, 'n stuk vleis, 'n pond botter en 'n blikkie
ingemaakte melk. Ná drie dae
sonder vleis het ons 'n feesmaal gehad. By die heliografis van komdt. S. het ons nuus gekry.
Genl. Beyers het Suurfontein en Kaalfontein ingeneem; geen besonderhede. Ook
was daar nuus van komdt.-genl. De Wet. "Geen verandering in die posisie
van Engelse of burgers vandat ek hier is, half Desember." Present
van mev. komdt. S. 'n Stuk beesvleis, 'n brood, 'n kan melk, 'n halfpond tee,
'n beker suiker. Tee het ons laas by Hectorspruit, en suiker by Houtbosberg
gehad in September 1900. Om
neënuur vm. Schoemans laer verlaat. Halt vir middagete in Watervalskloof,
halfweg tussen Hoë- en Laeveld. Die natuur verskil grootliks van die Hoëveld,
met hoë gras en dik bosse; langs die pad duur dit geen tien minute of jy hoor
weer 'n waterval. [Voetnota: Die Watervalsrivier het sy oorsprong in die Steenkampsherg Van daar val
dit 3,000 voet, om uiteindelik onder in die Bosveld by die Olifantsrivier aan
te sluit.]
Brandhout is volop sodat ek vir minstens ag dae geen droë mis hoef in te
samel vir koskook nie. Die son is baie warm, maar dit pla my nie. Ek lê onder
'n dik koel bos en skryf, en voor my is 'n beker tee met koeimelk en suiker
daarin. Wat kan die mensesiel meer verlang? Onder
die berg uitgespan by Labuschagne,
en 'n klein seiltjie geleen vir oordekking van die kar. Die ou heer het ons
baie vriendelik onthaal en 'n sloop appels en 'n sopie stamvrugbrandewyn gegee
- wat baie goed gesmaak het. Brandewyn is lankal nie meer in die laer nie, ook
geen druppel by die ambulans. Die nag by Naudé, Kolonialer, geslaap. Bron: OORLOGSDAGBOEK
van ‘n Transvaalse burger te velde 1900 – 1901 met inleiding en
aantekeninge deur .E.R Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad. 1976 (Tweede
uitgawe, eerste druk)., Bl. 125-126 *** “By
Krugerspos het ons in die grootpad van Lydenburg na Pelgrimsrus gekom.
Die aandtrek was van Krugerspos oor die laer van komdt. Swart, langs
Ohrigstadrivier tot onder die berg voor Pelgrimsrus. 24
Januarie. Pelgrimsrus om vieruur, moeg en gedaan van bergop en -af te loop,
voete seer. Op weg het dit my geluk om by 'n trekboer sool-, oorleer en
naairiempies vir skoene te koop. Gevra deur die krygskommandant alhier om by
hom aan huis te eet solank ons hier bly. 25
Januarie.Vanaand uitgespan bo-op die berg. Doodmoeg van die berg uitloop. Die
skotskar is propvol; ek het goed geslaag met die verkry van benodigdhede vir
gewondes. Die apteek, waarvan die baas 'n uitlander is, is vir ons oopgemaak
deur die vrederegter. Mev. Munro (haar man is op kommando) het ons 'n groot
bondel lakens en ou
linne gegee wat sy vir verbindsels bymekaar gemaak het; ook beskuit,
"beeftea", jam, en n bietjie suiker wat sy nog gehad het, vir ons
gewondes. Mev. Munro is 'n Engelse dame rnaar het my meer te hulp gekom dan
vroue van Afrikaners in Pelgrimsrus. Van
vrederegter Minnaar het ons vyftig pond koffie gekry. In die winkels was daar
byna niks wat ons kon koop nie. Mnr.
Barter ('n Engelsman) is krygskommissaris.
Hy het sy uiterste gedoen om my te help. Almal wat ek teenkom, spreek
met lof van hom; hy het hard gewerk vir ons kommando's. Amptelik is berig dat
genl. Beyers Suurfontein en Kaalfontein ingeneem het, stasies tussen
Elandsfontein en Pretoria. Drie belaaide treine is geneem ten weste van
Middelburg; daarop was koffie, suiker, rys, tee, ens. Die treine is geneem
deur Trichardt-verkenners. 26
Januarie. Vanaand by die laer van komdt. Swart. Vanmôre uitgespan by die
plaas van Diederik Muller, by 'n meul. Met mooipraat het ek 'n mud meel vir £1
10s. gekoop v,ir die gewondes, en stamvrugtebrandewyn van n boer wat aan stook
was teen 6s. per bottel. In
die namiddag uitgespan by ene Esterhuizen, vroeër van Caledon, Kaapkolonie.
Van hom het ek gekoop tien pond tabak, teen Is. per pond. My eerste groen
mielies het ek hier gekry, 'n kooksel present. 27
Januarie. Geen suiker of koffie van komdt. Swart vir die gewondes nie.
Hy beweer dat hy geen greintjie suiker het nie, nieteenstaande dat 'n
koppie koffie wat ek by sy tent gedrink het, vir my te soet was. Sy
laer is 200 man. Hy het baie perde aan perdesiekte verloor. Van hierdie kamp
kan gesien word Krugerspos, die plaas van Abel Erasmus; ook Engelse
brandwagposisies en twee kanonforte. Ons
is twee uur van Lydenburg. Oggendete vroeg,
toe na
mnr. Jakob Breytenbach, 'n
halfuur ver. Ds. en mev.
Neethling is nog by hulle. Daar was 'n hewige donderstorm; die weer het
viermaal op die aarde geslaan in die nabyheid van die huis.
Het medisyne aan mev. Breytenbach gegee.
My vooros is kruppel. Die weer is nog dreigend. 28
Januarie. Met dagbreek van mnr. Jakob Breytenbach weg. Hy het ons die berg uit
gehelp, en my 'n kissie beskuit vir dr. Neethling gegee, en een vir maj.
Wolmarans. Oor die Klipkloof was die hitte ondraaglik. Anderhalfuur het
ons uitgespan by Spekboomdrif. Teen donker begin die weer weer op te steek,
met stortreën later, donder en blits, aaklig.
Ons het die osse aan borne vasgemaak en onder die kar geskuil, tot die
reën ons om neënuur kans gegee het om te slaap. Gelukkig had ek 'n seiltjie om
die goed mee toe te dek. Januarie.
Ingespan met dagbreek en getrek tot by Frans Beetjes. Oggendete, koffie en
brood; geen vleis te kry nie behalwe wat geskiet kon word, en dit val maar
moeilik in hoë gras en dik bosse. Ek het 'n fisant uit 'n boom geskiet, en
dit het ons vir middagete gehad op die plaas van mnr. Naudé. Hy was reeds weg na die Hoëveld, en die Kaffers het woning en lande opgepas. Daar was ook soveel perskes en turksvye as ons kon eet en meeneem. Korn met mooiweer by Labuschagne aan.” Bron: OORLOGSDAGBOEK
van ‘n Transvaalse burger te velde 1900 – 1901 met inleiding en
aantekeninge deur .E.R Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad. 1976 (Tweede
uitgawe, eerste druk) Bl. 129-130. *** Albert
Kuyt skryf in sy boek, “Transvaalse Gister,” die volgende: “Waar
ek so-ewe van die veldkornet melding gemaak het, moet ek 'n paar oomblikke by
sy persoon stilstaan, want in later jare sou ek dikwels en lank intiem met hom
saamwerk. Hy was 'n unieke, waardige en hoogstaande figuur wat in eervolle
gedagtenis gehou moet word. Die veldkornet was Jozua Adriaan Joubert, algemeen
bekend as Rooi Jozua. Hy was die opvolger van die hoog-aangeskrewe, maar
bejaarde veldkornet G. P. Brits, snr. As
n seun het ek oom Jozua dikwels by sy ouers se huis wat naby ons woning op
Wakkerstroom was, gesien. Hy was toe reeds 'n man van amper middelbare
leeftyd, met 'n indrukwekkende voorkoms wat deur 'n lang rooi baard,
helderblou oë, hoë voorhoof en 'n diep basstem nog verhoog is, 'Hy het die
indruk gemaak dat hy 'n streng en ernstige man was, wat ook die geval was, maar
tog was hy daarby mensliewend en kon helder en smaaklik oor iets grappigs
saamlag. Dit
was algemeen bekend dat toe die jong Swaziekoning Umbandine in 1877 deur Gert
Rudolph vergesel van komdt. Krisjan Joubert namens die Z.A. Republiek-regering
‘gesalf' moes word, oom Jozua een van die begeleidende kommandoburgers
was. Dit
mag van belang wees om iets oor die salwing wat maar 'n vae en g'n werklike
aanduiding van die seremonie was nie, mee te deel. Die burgermag van enige
honderde sterk, het onder komdt. Krisjan Joubert, later hoof van mynwese,
gestaan. Oom Hans Gouws, wat nou reeds die neëntig jare gepasseer het en
wat saam met die ekspedisie was, deel my daaromtrent deur tant Sannie, mevrou
die weduwee senator Joubert, later getroud met oom Izak Labuschagne,
een van Wakkerstroom se mees prominente skaapboere, die volgende mee.' “Op
die 2e Junie 1873 is ons hier (uit die Wakkerstroomse distrik) weg. Ons was 'n
perdekommando van iets oor die 200 man. Ons was opgekommandeer om te gaan.
Umbandine is op of omtrent die 10e Junie 1873 uitgeroep tot koning van die
Swazies deur Gert Rudolph van Natal (Utrecht) namens die Republiek. Die hele
Swazievolk was teenwoordig. Daar was 'n platform gemaak en Gert Rudolph en
Umbandine het bo-op gestaan toe hy as koning uitgeroep is. Ons mense het by
die platform gestaan en dan die Kaffers verderom. Umbandine was ongeveer 18
jaar oud. Na die plegtigheid is daar vet osse geslag en almal het toe vleis
gebraai. “Die
volgende dag het Umbandine drie van sy hoofde saamgestuur om die lyn van
Swazieland te gaan afbaken. Daar het toe vyf man saamgegaan. Ons het in
Holnek begin met die bakens tot by die Lebomboberge. Die name van die vyf man
was G. Rudolph, F. Koch, J. A. Joubert, C. Birkenstock, Hans Gouws. 'n
Agttal jare daarna moes die “salwing" van die jong Zulukoning, Dinizulu
plaasvind. (Dit was tydens die Sibepu-insident). Ook daaraan het Jozua
Joubert deelgeneem. Betreffende
hierdie gebeurtenis, waarop ek later in 'n ander skets hoop terug te kom, deel
sy broer Izak, wat ook saam was, my die een en ander mee. Dinizulu
was ‘n jong kaffertjie van sowat 17 of 18 jaar. Hy het in die bekende
riempiesbekleedsel by die laer rondgeloop. Toe die eintlike seremonie moes
plaasvind, is van 'n bokwa gebruik gemaak waarop die lede van die kommissie
plaasgeneem het. Wyle D. C. Uys (Swart Dirk) was hulle voorsitter. Volgens kol. Schiel is die kroningsproklamasie deur hom namens die kommissie voorgelees, waarby hy die papier in een hand gehou het en met die ander is die olie op die jong koning se kop uitgegiet. Oom Izak weet te vertel dat Umyamane, Umdabuko en Dabulamanzi aanvoerders en familiebetrekkings van wyle koning Cetchwayo ook teenwoordig was. Kort
daarna het die gevegte teen Isibepu plaasgevind. Die boere wat Dinizulu
ondersteun het, is deur kommandant Lukas Meyer, voorheen landdros van Utrecht
en L. Botha as veldkornet, aangevoer. Dit was algemeen bekend dat oom Jozua by
Laingsnek gewond is, maar in 1882 weer aan die Mapoch-ekspedisie kon deelneem.
As 'n jong geslag het ons na sulke persone soos hy opgesien. Daardie
regmatige respek het hy deur die jare heen steeds geniet, nieteenstaande baie
lotswisselings met gevolglike wysigings by die behandeling van nuwe en
onbekende probleme wat 'n jong volkie moes aanpak en oplos.
Die suiwer Afrikaanse tradisie was mos steeds om hulle beproefde
voorgangers te eer, al was daar ook in verskillende rigtings 'n onderskeid van
opvatting. Tydens
my verblyf op Platberg het ek veldkornet Joubert af en toe onder telkens
gewysigde omstandighede. ontmoet en op vergaderings bygestaan.
Eendag was daar op Amersfoort 'n groot vergadering van 'n nuwe ding,
nI. die Nasionale Unie. Wie algar daarin betrokke was, weet ek nou nie meer
nie, maar die enkeles wat my nog voorstaan, het reeds he'engegaan. Die
eintlike doel het ek, en vermoedelik die meeste met my, nie begryp nie. Wat my
wel duidelik was, is die indruk dat die goue eeu nou vir algar sou aanbreek.
Boer en mynwerker sou gelykop floreer! Hulle
het my by die vergadering ingeroep om klerklike hulp te verleen, Op die
vergadering het dit warm toegegaan, ma'ar toe een persoon president Kruger
skerp aanval en na hom verwys as 'n vark, was dit vir my tog te erg. My
jong gemoed kon dit eenvoudig nie verkrop nie en ek het sommer opgestaan en
weggegaan met die opmerking dat ek nie op 'n plek wil wees waar ons
staatshoof so beledig word nie. Behalwe daardie
vergadering is lokaal min meer van die beweging gehoor. Die Transvaalse gemoed
het nie van sulke luidrugtigheid gehou nie. By terugkeer op, die plaas het oom Jan my 'n kompliment vir
die openhartige optrede gemaak, ofskoon ek die regte gang van sake selfs toe
nog nie mooi besef het nie. Omdat die volk se opvatting van sake oor die
algemeen steeds waardig was, kon die oubaas die nuwe lawaaierigheid nie
verdra nie. Dit was vir my duidelik.” “Aangesien ek ingestem het om een van Wakkerstroorn se dertiental uit te maak, moes ek die pligte wat hieraan verbonde was, vervul. Die belangrikste daarvan was destyds orn die reeds genoemde kommandant J. A. Joubert te nader met ‘n versoek om deelname aan die volkskonsolidasie. Hierdie stoere, figuur, 'n gebore Potchefstromer, het aan ons klein Transvaalse volkie behoort. Meer bepaald, was hy Wakkerstroom se man. Hy
het steeds groot Voortrekkerideale oorgedra, uitgeleef en sodoende vir die
nageslag bevestig. Of hulle dit wou aanvaar, is 'n ander saak. Hy het die
‘gawe' gehad om op alles die volk se stempel, soos hy dit gesien het,
onmiskenbaar af te druk. Met vrymoedigheid kon hy 'n selfstandige houding
inneem, waarby hy nie omgegee het om in die minderheid te wees nie, solank sy
houding slegs eerlik was. Wat
'n mistroostige en afgesonderde klompie mense sou ons baanbrekers vir die
nageslag gewees het as uit hulle' g'n manne en vroue gespruit het wat die
krag van hulle voorgangers aan later geslagte kenbaar sou maak nie! Ou Rooie
was 'n getroue figuur onder daaroordraers. Reeds
'n tyd voor die uitbreek van die groot Engelse oorlog het Joubert die
agtenswaardige kommandant, Andries L. Pretorius, 'n veteraan van die ou garde,
as sodanig opgevolg en tydens die Jameson- en
Mojadji-ekspedisies in sy nuwe amp diens gedoen. Toe
die republikeinse gemoedere danig opgewonde geword het o'or die dreigende
Engelse oorlogswolke, het komdt. Joubert byna as ‘n enkeling te kenne gegee
dat volgens sy mening die stryd te ongelyk sou wees om met sukses vir die
republieke bekroon te word. Dit het hom in die dae van opwinding seker nie
populêr gemaak nie. Ons wou mos algar net gaan "bananas eet." Maar
toe die worsteling aangevang is, het sy taalskat slegs uit een woord bestaan:
‘Veg'! By
Tugela is hy op die steeds dieper indringende republikeinse voorpunt gewond.
Op sy ryperd is hy na die agterlinies gevoer. Die bloed het by sy s'aal
afgetap. “Rooi
bul, rooi bul van Wakkerstroom!" Nouliks
'n jaar daarna het hy, soos reeds vermeld, by Amersfoort nog 'n
ernstige verwonding opgedoen. Dit was welbekend
dat in die later deel van die stryd generaal Botha en hy nie altyd langs een
vuurtjie gesit het nie. As 'n man van weinig woorde was sy mond daaroor egter
geluit. Na sy terugkeer uit die krygsgevangenskap het hy met sy verminkte
liggaarn nie alleen weer 'n boerdery aan die gang gesit nie, maar ofskoon self
verarm, het; hy ander ook waar daartoe 'n kans was, gehelp. Sy vrou, S. E. J.
Joubert, geb. Rudolph, flink en hardwerkend:- later hertrou met oom I.
Labuschagne, een van Wakkerstroom se belangrikste skaapboere; het hom
steeds trou bygestaan. Van daardie tye af het ek 'n baie nou omgang met oom
Jozua' gehad. Oor allerhande sake kon, ek vry met hom redeneer en verskil van
opvatting het hy steeds gebillik. Ofskoon hy nou onthef was van allerlei
openbare verpligtings, het hy tans sy kerk, die C.N.O.skool en die lot van
verarmdes as terreine vir bedrywighede uitgekies. Sy hart was daarvoor op
die.regte plek.Na my bespreking met die kommandant oor die beoogde
volksbeweging het hy 'n kongres wat die boerevoormanne op Heidelberg gehou
het, bygewoon [onleesbaar] opAmersfoort 'n groot plaaslike vergadering belê
waarop die stigting van “Het” [Rekord ontbreek van hier af. Die laaste
woord verwys waarskynlik na die stigting van die “Het Volk Party.” –HL] –Transvaalse
Gister., Albert Kuyt. Ongeveer bl. 87. *** “Die Australiërs was baie skaam en lord Kitchener kwaad dat die Hoëvelders sy kolonne so verniel het by Wilmansrust. Al hoe meer kolonnes en versterkings is die Oostelike Hoëveld ingestuur, “vangkrale” is met stewige blokhuislinies versterk en wee diegene wat op eie werf betrap is. So
vertel oom Albert van Rensburg van een van sy ou kommandomaats: “Hulle het die
nag vir ou Labuschagne gevang. Hy het altyd vir sy ma wat daar bokant op
Bekkersrus gewoon het, kos weggeneem en dan slaap hy die nag daar. Ek het baie
vir hom gesê: “Ou Dolf, hulle vang jou nog een nag daar by die huis,” maar
die ou het hom nie daaraan gesteur nie. Een nag het die Engelse hom daar betrap,
en net toe hy in 'n mielielandjie wou inhardloop, het hulle hom gevang. Dit sou
sleg met hom gegaan het as sy toneelspel nie so goed was nie. Hulle het hom
aangeja tot op 'n vlaktetjie waar hulle gaan sit en eet het. Hy beduie vir die
wag wat hom opgepas het, dat hy met al die offisiere wou praat. Hy het natuurlik
gedink oom Dolf wou hulle mooi dinge vertel.” Bron:
OPSAAL, Herinneringe
aan die Tweede Vryheidsoorlog., W.H. H.ACKERMANN.,
1969., Voortrekkerpers., Johannesburg., bl. 47. *** Who knows where this name came from? If you have any idea, please let Herman know at mellivora@hotmail.com "Yesterday, 30th inst., Captain
Montmorency, whilst reconnoitring with 120 men in the direction of Labuschagne's
Nek, eight miles north of Dordrecht, encountered a body of the enemy, who
opened fire, which was quickly returned by the British. Fighting lasted six
hours, when the enemy brought up strong reinforcements and artillery. Captain
Montmorency fell back, taking up a defensive position nearer Dordrecht,
whereupon the Boers retired. Our casualties are not yet fully known." --
Cape Times Weekly Edition, January 3, 1900, Page 4, col. 3. Dateline,
Sterkstroom Military Camp, December 31, 9.30 A.M. Source: Cape Times Weekly articles kindly contributed by Ken Hallock, USA. *** Cape Times Weekly Edition
10/04/01 Page 19. *** Cape Times Weekly Edition
07/11/00 Page 19. *** Cape Times Weekly Edition
12/09/00 Page 32. *** London Times 28/08/00 (Tuesday) p3b *** Cape Times Weekly Edition, August 29, 1900, page 28. *** London Times 03/09/00 (Monday) p4c Dateline Colombo, Sept.
1. *** Cape Times Weekly Edition
27/06/00, Page 27. *** Cape
Times Weekly Edition
11/04/00 ***
|
|
Contact: mellivora@hotmail.com Data on this site is managed using Legacy genealogical software. Legacy 5.0 is a full-featured professional genealogy program that helps you track, organize, print, and share your family history. Includes source documentation, dozens of beautiful reports, expert merging capabilities, To Do list, pictures, videos, Web page creation, spell checking, Internet searching, relationship calculation, name tag printing and more. The program imports and exports standard GEDCOM files as well as directly reads PAF files.
|