|
|
|
|
Dedicated to the Preservation of History |
|
Burgers Ward II Piet Retief District
|
Transkripsie vanaf die oorspronklike dokument, deur Herman Labuschagne, Piet Retief, 20 April 1998
Possak Mooipoort Heer I.H. Labuschagne Liewe Herman, Met die oog op die aanstaande Voortrekker Eufees het Mama
en ek besluit hierdie brief te skryf as ‘n gedagtenis van die gebeurtenis, ook
omdat hierdie brief gedra sal word deur een van die Voortrekker waens wat van
Kaapstad na Johannesburg trek. Vir baie mense is die Eeufees slegs ‘n geleentheid van
geselligheid of braai vleis aande; andere roem op die goeie deugde van die
Voortrekkers hoewel hulle dit in hulle eie lewe nie probeer naleef nie; vir
sommige is dit ‘n ververmaak om baarde te groei en Voortrekker kleredrag na te
boots, in andere woorde om uiterlik op die Voortrekker te lyk sonder met
erns hulle goeie hoedanighede in hierdie innerlike lewenswyse te beoefen. Vir
die weldenkendes het die Fees—behalwe die betoning van eer, hulde en
dankbaardheid aan die stoere baanbrekers, wat vir die nageslag ‘n skoon land
van barbaar en ongedierte skoon gemaak, en bewoonbaar gemaak het met ‘n moed,
volharding, ontberinge en opoffering wat ons vandag nie kan besef nie—ook nog
‘n dieper betekenis, namelik ‘n tydstip van selfondersoek om te bepaal hoe
ons as persone en ‘n volk staan op morele en godsdienstige gebied; of ons die
erfenis deur die Voortrekkers ons nagelaat waardig is; of ons opgebou het op die
fondament wat hulle gelę het; of ons die deugde wat hulle besit het behou het;
of ons die gebreke wat hulle openbaar het uit ons volkslewe probeer verban het;
of ons die eiënskappe wat nodig is om ‘n volk groot en sterk te maak—met
erns beoefen en aangekweek het; of ons probeer om af te leer om met mekaar te
twis oor nietige sake; of ons werklik probeer verdraagsaam wees teenoor elkaar
en andere wat hierdie land ok hulle tuiste temaak het en saam wil opbou; of ons
die groothartigheid besit om met almal wat hierdie land hulle eie wil maak ‘n
groot en sterk Suid Afrikaanse nasie op te bou; of ons so eng van hart en
welvoeglikheid is om andere rasse wat saam met ons in opregtheid die
Voortrekkers wil eer opsy te wil stoot, en eindelik of ons politieke moraliteit
so laag gedaal het om uit die Fees—oor die grafte van die Voortrekkers—party
politieke in te sleep. As die volk in hierdie gees die fees hou kan dit die
wording wees van ‘n nuwe geslag, die Voortrekkers waardig is. Wanneer ons by
hierdie geleentheid dink aan ons voorouers, dan betreur ons dit dat soveel van
hulle persoonlike lewensgebeurtenisse verlore gegaan het; en spyt dit ons dat
ons so min van ons eie familie se wedervaringe kan meedeel. Die Voortrekkers in ons familie—sover aan my bekend—was
Leonardus Johannes Labuschagne, sy eggenote Anna Wilhelmina, gebore Pieterse, my
oor-grootvader en -moeder, en hulle seun Leonardus Labuschagne, my grootvader,
oupa soos ons dit soms noem. Hulle het uit Somerset Oos getrek, waarskynlik met
die trek van Potgieter. My grootouers het vertel—hoewel hy destyds nog ‘n
jong seun was—dat hulle vertoef het by Sand Rivier en Windburg in die
Vrystaat, in 1846 of 1847 na Marico getrek het, later na Mooi Rivier, nou
Potchefstroom, en daarna na Hartebeesfontein, dist. Heidelberg, waar my
oor-grootvader hom gevestig het, en ook begrawe is. Ongelukkig kan niemand my
die graf in die kerkhof daar aanwys nie. Die klipmure om die landerye, vervalle
dog nog daar, het hy en sy seuns gepak. Van die vrugte-bome deur hom geplant is
nog van oor. Die ou groot appelkoos bome op die wal van die spruit het hy nog
geplant. Hy het ‘n uitstekende jag-perd gehad met die naam
Bonaparte. In Marico se distrik het oupa-grootjie eën dag op ‘n klomp leeus
afgekom. Hy het gemeen ‘n leeu kon Bonaparte nie inloop nie; en het op die
leeus van die perd af begin skiet. Die leeus het gestorm, maar Bonaparte kon nie
voorbly nie. ‘n Mannetjie het hom bespring, met een klou net agter die saęlklap,
en perd en ruiter omgeruk. Oupa-grootjie het ‘n boom, sonder sy ou sanna,
gehaal; en daaruit moes hy toeskou hoe die leeus Bonaparte verslind. Eers die
volgende oggend kon hy uit die boom by sy geweer kom, na die leeus die nag weg
is. Grootvader Leonardus Labuschagne was in Somerset Oos
distrik gebore op 17 Mei 1826, en as seun met sy ouers optrek gegaan. Hy het
deelgeneem aan die slag te Boomplaas in 1848. Was met ‘n klompie andere by
‘n ou kraal, waar hulle die Engelse teengekom het, toe hulle ontdek die
kommando het gevlug; en hulle het met moeite kon ontvlug. Sy perd het ingegee of
weggehardloop en hy het van sy maats afgeraak. Moes die nag in ‘n bos skuil,
en het vermoeid twee daë later te voet eers by mense aangekom. Hy het in die
vroë daë ‘n ekspedisie teen ‘n kaffer hoof in Transvaal as jong man
meegemeek en later in al die kaffer en ander oorloë meegedoen; en in daardie
dae saam met die ander gehelp geskiedenis maak. Toe hulle reeds in Heidelberg distrik op Hartebeesftfontein
gewoon het is byna al sy vee met die “Groot Kapok” in 1853 verlore gegaan,
en het hy in die houtbosse in die Drakensberg naby Newcastle gaan hout saag, dit
verkoop en verwerk in tafels, stoele en rusbanke en sy boerdery so weer opgebou.
Hy het ok waëns gemaak en geweerlaaie. Hy was ‘n behendige timerman.
Ongelukkig het byna al sy handewerk in die oorlog 1899—1902 verlore geraak. In
ons spens staan ‘n tafel wat hy gemaak het toe hy byna 80 jaar oud was. Hy was ‘n goeie skut en jagter. Sy bruin perd “Alfie”
kon uitstekend hard loop. In Standerton distrik het hy met hierdie perd voëlstruise
ingejaag en geskiet. Hy het baie gehelp leeu jag wat vee gevang het. By een
leeu-jag het ‘n leeu hom gestorm en het hy hom tien tree van hom af
doodgeskiet. Tydens die Vryheids oorlog 1880—1881 was hy offisier oor
die burgers wat Standerton dorp belę het. Met die uitbreek van die 1899—1902
oorlog het hy op 73 jarige leeftyd vrywillig op kommando gegaan en op ‘n kou
mistige dag met ‘n daarop bitter kou volgende nag, gehelp “Long Tom” die
Pokwane Berg uittrek. Sy offisier het om egter terug na huis gestuur. Figuur 19
‘n Boere Long Tom kanon, met die loop verwyder en na agter geplaas vir
vervoer. Op hierdie manier sou Long Tom teen Pongwane-berg uitgesleep gewees
het. Hy was getroud met Catherina Johanna Susanna Potgieter, wat
enige jare voor hom gesterwe het. Hy het later op Beaumaris, distr. Wakkerstroom
gewoon, waar hy na ‘n veelbewoge lewe op 93 jarige leeftyd te ruste gelę is
langs sy vooroorlede eggenote. Welke aandeel die Beytel familie—die ouers van julle ouma
Labuschagne in die Groot Trek geneem het, weet ons ongelukkig nie. Hulle was
twee ou liewe goeie mense, die regte goeie Voortrekker tipe, waarop enige nasie
kan trots wees. Hulle was Andries Josephus Beytel en Johanna Martina Snyman. Het
op die plaas Rodewal, dist. Heidelberg gewoon van vroeë jeug af. Daar het hulle
gewerk en daar rus hulle albei.
Figuur 20
Stamvader George Augustus Kolbe wat in 1820 na Suid-Afrika ge-emigreer het. Die Kolbe familie het nie aan die Groot Trek deelgeneem nie. Ons stam af van George Augustus Kolbé, wat as ‘n Duitse sendeling dokter na Suid Afrika gekom het. Hy het geseende werk gedoen en was nie die klas sendeling wat die lewe vir baie mense suur gemaak het en ‘n skandelike invloed onder die inboordlinge opgewek het nie. Oupa grootjie was getroud met ‘n Engelse dame Downing van Londen. Hulle het hulle arbeidsveld in die Kaap gehad; waar ons oupa Frederick Fortunatus Kolbé gebore is. Hy was getroud met Elisabeth Johanna du Toit. Figuur 21
Frederick Fortunatus Kolbe
Figuur 22
Elizabeth Johanna du Toit Hulle het eers in die Kaapkolonie gewoon, en later op Saxony, naby Wakkerstroom kom woon. Daar rus die twee waardige en voorbeeldige ou mense, en ons kan vir julle niks beter toewens nie as dat julle lewenswyse soos die van die twee voorouders mag wees wees nie. Hulle seun George Augustus Kolbe, is in Colesberg distrik gebore, en saam met sy ouers na Transvaal gekom, waar hy met Martha Sophia Klopper getroud is. Ons sal hulle eer vir wat hulle lewe vir ons beteken het. Figuur 23
George Augustus Kolbe en Marta Sophia Klopper, tesame met hul kinders. Julle oupa Izak Hermanus Labuschagne en ouma Susara Maria Regina Catherina, gebore Beytel, het julle geken. Miskien later meer oor hulle, aan wie ons nie genoeg dankbaarheid kan betoon nie vir hulle vorbeelde, liefde en opofferinge en gebede. As sulke ouers eers heengegaan is voel mens eers hoeveel jy verloor het. Figuur 24
Susaria Maria Regina Catharina Beytel En so sluit ons met die bede dat hierdie Eeu fees daartoe
mag bydrâ om van ons beter vaders en moeders, beter seuns en dogters, beter
Kristene, beter burgers en vaderlanders te maak, en dat ons die erfenis van ons
voorouers ontvang altyd in ere sal hou, sal opbou en verbeter, en also mag word
‘n edel volk in ‘n skoon land. Dat jy, liewe Hermantjie, met almal aan jou toevertrou,
‘n gelukkige en geseende toekoms in ons geliefde Suid Afrika mag hę, is die
heilbede van jou liefhebbende ouers. L.J Labuschagne E.J. Labuschagne (Kolbe) |
|
Contact: mellivora@hotmail.com Data on this site is managed using Legacy genealogical software. Legacy 5.0 is a full-featured professional genealogy program that helps you track, organize, print, and share your family history. Includes source documentation, dozens of beautiful reports, expert merging capabilities, To Do list, pictures, videos, Web page creation, spell checking, Internet searching, relationship calculation, name tag printing and more. The program imports and exports standard GEDCOM files as well as directly reads PAF files.
|